Dienste
MC
Met jare se verhoogervaring en ’n spontane sin vir humor, sorg ek vir ’n vlot, energieke én professionele verloop van enige program. Of dit nou ’n korporatiewe funksie, troue, prysoorhandiging of spesiale geleentheid is, ek bring warmte, struktuur en pret, met die vermoë om mense gemaklik te laat voel en momente onvergeetlik te maak.
Motiverings Spreker
Ek gebruik stories uit my eie lewe en loopbaan om ander te inspireer, bemoedig en aan die lag te kry. My praatjies is eerlik, deurdrenk van humor en vol lewenswaarhede wat aanklank vind, veral by vroue, ouers en kreatiewe denkers. Ek glo daaraan om ruimte te skep waar mense weer aan hul eie krag herinner word, waar trane en lag saam bestaan, en waar hoop altyd die laaste woord kry.
Aktrise
Met jare se ervaring in reekse en films bring ek elke karakter tot lewe met opregtheid, humor en ’n diep menslikheid. Of dit nou komedie of drama is, ek leef myself ten volle in elke rol in en gee alles op die verhoog of stel.